Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Irma Siebrits

Datum: 19 Oktober 2016

 

Landbou en Tuinbou: Vivian vertel oor hul besoeke aan Malgaseiland.

Hul verjaag die Pelikane en die Swartrug meeus om sodoende te help dat die Malgasse se eiers en selfs kuikentjies nie opgevreet word nie.

 

veld-3

Besoek aan Malgaseiland

 

Gesondheid: Sinnie het ‘n noodhulptas saamgestel sodat ons kan sien wat alles daarin moet wees.    3 Gelukkige lede wen elk ‘n klein noodhulptassie.

 

veld-4

‘n Noodhulptas

 

 Openbare Sake bied ‘n selfoonkursus aan en leer ons ‘n hele paar dinge waarvan ons nie bewus was nie.

 

 

 

 

 

 

Leefstyl het vir Eileen Carosini gevra om ons te vertel hoe preservering beoordeel word en ook om ‘n paar wenke oor preservering te gee.

 

Opvoeding en Kultuur het ‘n herinneringskers aangesteek om ons te herinner aan hulle wat ons aan kanker verloor het. In Besonder vir Hannelie Smit wat baie siek is. Wees lief vir mekaar sonder grense en blom waar jy is.

 

Kunste en Handvlyt wys vir ons ‘n pragtige musiekvideo waar die Suid-Afrikaanse sangeres, Kimmy Skota, Ave Maria, ‘n Wiegeliedjie en My African Dream saam met André Rieu se orkes gesing het.

 

veld-1

Andrè Rieu

 

Ons het na die vergadering al die pragtige popklere, gebreide speelgoed en ander speelgoed van ons Armoede projek na Noordhoek se Jeugsentrum geneem. Hierdie goedjies sal bygesit word by die kinders se kerspakkies.

 

veld-2

Armoede projek.

 

Ons het ook gesien hoe kos op grootmaat daar voorberei word.