Sirkel:  Paarl
Tak:  Suider Paarl
Portefeulje: Landbou
Beriggewer:  Gonny du Plessis
Datum: 19 Oktober 2016

 

Suider Paarl tak het ‘n baie interessante en leersame uitstappie na die
Alpakkaplaas op die Agter Paarl pad beleef.

 
Alpakkas is familie van die kameel. Daar word met 320 alpakkas, 2 Lamas en 5
Drommedarisse geboer. Daar is ‘n paar soorte soos Guanaco, Villina en
Alpakka. Die baba Alpakka word Cria genoem. Die diere word een maal per jaar in
September geskeer.  Hul voer is hoofsaaklik hawer.

 

spaarl-3                                      spaarl-4

Alpakkas in verskillende kleure                                                    Alpakkas in die voerkraal

 

Moeder Alpakkas  is vir 11 maande dragtig. Na die geboorte kan die moeder na
14 dae weer gedek word.

 
Die eienaar,Dietmar Keil, het die lede breedvoerig ingelig en gedemonstreer
hoe die wol geskeer,gekam en gespin word. Verskeie klaar artikels is aan die
dames gegee om aan te voel.  Sommige soorte alpakkas gee ‘n sagter tekstuur
wol as ander en so is die wol op verskillende dele van die dier ook sagter
of growwer.

 
Daar is ‘n restuarant en klein winkel met klaar artikels op die plaas.

 

spaarl-2
Restaurant

spaarl-1

 

 

 

 

 

 

Artikels van die wol in die winkel