Sirkel: Kalahari

Tak: Mimosa

Portefeulje: Kunste En Handvlyt

Beriggewer: Erika Linde

Datum: 19 Oktober 2016

 

Adila Theunissen het ‘n demonstrasie aangebied oor die Beeldende Kuns kompetisie vir 2017 nl. twee boekstutte met tokreen, asook die Blommekuns artikel wat ‘n paar reukballe is van uitgedroogde plantmateriaal.

 

Die tokreen artikel  behels twee boekstutte, opgebou uit verskeie komponente om ‘n totale nuwe voorwerp te skep. Die versameling komponente, oud of nuut, herwin of selfs gebreek, word byeengevoeg om twee aantreklike boekstutte te vorm. Dit word vasgeheg op twee L-vormige houtvorms wat as basis gebruik kan word en dan met tokreen versier. Die vereiste grootte is maksimum 12cm breed en 20cm hoog. Hou in gedagte dat die artikels gepos moet word so dit moet verkieslik nie te swaar wees nie.

 

mimosa-1           mimosa-3

Alida Theunissen aan die word.                                                            Voorbeeld van ‘n boekstut

 

Adila wys ook hoe om ‘n paar reukballe as ornamente of geurballe uit gedroogde plantmateriaal, vasgeheg op polistreenballe, gegeur met potpourri olie of ander geurmiddels bv naeltjies te maak. Hangbandjies is ‘n vereiste en die maksimum grootte is 20 cm en die minimum grootte 12 cm. Dit is ‘n baie opwindende kompetisie en die moontlikhede vir die kompetisie is legio.

 

mimosa-2

Reukballe