Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Theresa Troskie

Datum:  19 Oktober 2016

 

Murraysburg  Leer  Van  Gedwonge  Aborsies  En  Diversiteitsintelligensie

 

Susanna van der Merwe hanteer die feite, wette en persoonlike trauma wat ’n ouerpaar en hul naastes belewe wanneer ’n verwagte babatjie a.g.v. lewensbedreigende defekte verwyder moet word.

  • Tot op 24 weke word dit gesien as ’n natuurlike aborsie.
  • Die babatjie wat gebore is, word as medical waste hanteer en saam met ander mediese afval veras.
  • Die babatjie wat verwyder moet word, moet normaal gebore word – die ma moet ’n pil drink om die babatjie se geboorte aan te bring. Dit kan tussen 7 – 14 uur neem.  Indien dit nie gebeur nie, word pille aanmekaar gegee tot die geboorte uiteindelik plaasvind.  Vir die ouers is hierdie proses erg traumaties aangesien die proses dae kan neem en hulle begin twyfel oor hul besluit.  Eers as hulle dan uiteindelik die babatjie en die defek sien, is daar ’n mate van troos.
  • As die swangerskap reeds meer as 25 weke ver was, word die babatjie beskou as stillborn. Hy/sy moet dan geregistreer word, ’n begrafnis kry of veras word.
  • Susanna meld dat jong ouers wat hierdie trauma belewe totaal ontredderd is. As dit met jou of jou kinders sou gebeur, is dit goed om kennis te hê van die hele proses, want dan verwerk jy dit makliker.

 

murraysb

Die spreker, Susanna van der Merwe.

 

Die tweede deel van Susanna van der Merwe se Gesondheidsprogram handel oor die baie aktuele onderwerp Diversiteitsintelligensie.  Sy skop af met die speel van die liedjie “I believe in you” van Celine Dion. Ons moet in onsself en in ons besluite oor ons toekoms glo.  Jy moes dalk jonk-jonk kies tussen vroeg trou of wag en later trou, eers klaar studeer, of wat ook al.  Susanna bou haar praatjie rondom dié van Gustav Gous van die program “Fiks vir die lewe” wat Sondagaande op RSG uitgesaai word.

 

  • Om die lewensspel suksesvol te kan speel is Diversiteitsintelligensie nodig.
  • Die definisie van diversiteit is die vermoë om situasies te hanteer om teenstrydighede te versoen. Hoe ver het jy al op hierdie pad in jou lewe gevorder?
  • Oningeligte mense ignoreer kompleksiteit, genieë omarm diversiteit.
  • Om suksesvol te wees, moet vrae soos volg beantwoord word:
  • Wat is die sin van die lewe?
  • Ken jy die spel en speelveld van die lewe?
  • Watter soort speler is jy?
  • Beteken jou lewe ook iets vir iemand anders?
  • Dink jy net en doen nooit, of gaan jy oor tot “speel”?
  • Kan jy die gevolge van jou “spel” dra?
  • Gebruik jy afkoeltyd positief en skeppend?
  • Praat jy net of luister jy ook?
  • Laat probleme of rampe jou in sak en as sit, of sien jy ’n uitdaging daarin?

 

  • Diversiteitsintelligensie is gebou op ses beginsels:
  • Hierdie ses beginsels kan op byna elke situasie in die lewe toegepas word.
  • War – Oorlog het geen wenner nie, want uiteindelik word vrede bewerkstellig.

   Begin by vrede en gebruik jou energie eerder om vrede te bewerkstellig as om te veg.

  •  Ignore – Om iemand te ignoreer is die laagste stap wat jy kan doen.  Leer

eerder ’n taal aan om jouself sinvol te verduidelik.

  • Snore – snork op. Jy doen die minimum, net wat jy moet.  In so ’n optrede is

geen  warmte nie en sulke verhoudings groei nie.  Wil jy so ‘n lewe

lei?

  • Explore – kry inligting en verryk jouself om moeilike situasies te hanteer.

Gebruik vroulike intuïsie om probleme op te los.  Gou-gou werk

ander partye saam en almal begin score

  • Score – positiewe resultate is dat jy gevul word met liefde, dit kom in jou siel

en hart en skep ’n situasie om ander persone te akkommodeer en te

help om te kom waar jy is.

  • Adore – vanselfsprekend, almal is gelukkig.