Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Portefeulje:Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 18 Oktober 2016
Germie Grobbelaar van Tosca het Vryburg VLV besoek en gesels oor haar lewe as entrepreneur. Soos baie entrepreneurs is haar bedryf uit nood gebore. Sy het ‘n melkery oorgeneem en moes die oorskot melk in verskillende produkte verwerk. ‘n Nuwe bedryf vra deursettingsvermoë en harde werk. Dit is nodig om raad te vra by ander mense. Daar is baie terugslae, maar kliënte se tevredenheid is die aanmoeding om vol te hou.
Die huidige droogte lê haar bedryf aan bande maar sy glo en vertrou dat dinge weer beter sal gaan.
Sy maak tans botter, jogurt in verskeie geure, feta- en maaskaas en haloumi. Laagenoemde is semi-harde kaas afkomstig uit die Midde Ooste wat van ongepasteuriseerde melk gemaak word. Dit het ‘n hoë smeltpunt en kan gebraai of gerooster word.
Germie Grobbelaar
Lede het verskeie omgee-items in handsakke gepak wat aan behoeftige vroue gegee sal word.
Gerrie Fourie, Memory Scholtz, Esta Twigge, Trudie Kok, Eurika Byleveld, Arine Bosch, Ora Jordaan en Soekie le Roux met die omgee-handsakke
Aangesien Oktober borskankermaand is, is daar tydens die vergadering kerse aangesteek vir alle vroue met borskanker maar ook vir ons boere op plase.
By die geleentheid is ‘n suurlemoenboom op die terrein van die dienssentrum geplant sodat hullle later die vrugte kan gebruik.
Elize Visagie (namens dienssentrum), Esta Twigge (voorsitter), Arine Bosch (saamroeper) en Nellie Viljoen (sekretaris) by die boomplanting
Items vir die sensoriese stimulasie van Alzheimer pasiënte sal aan die tehuis vir bejaardes geskenk word.
Leave A Comment