Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Wenda Preuss en Alet Colyn
Datum: 18 Oktober 2016

 

Karmelie Theart het planthouers wat d.m.v. die hypertufametode gemaak is, gedemonstreer. Die houers is ideaal om vetplante in te plant.   Dit lyk soos klip, maar weeg minder en kan in enige vorm gemaak word.  Jy kan enige houer wat van plastiek gemaak is, bv.’n roomysbak, ou broodpannetjie, ‘n ou blompot wat op ‘n voetstuk staan, ens., gebruik.  Glas word nie aanbeveel nie.

 

Gelyke dele “peat moss”, sand, sement, perlite en vermikuliet word gemeng met water totdat ‘n bol in die hand gevorm word.  Dit moet nie te nat wees nie. Rooibosteestokkies, bas of kleursel kan ook bygevoeg word. Hierdie metode is Ideaal om ‘n voëlbak te maak.  Gooi klippies in ‘n plat bak en maak jou eie “stepping stones”.

 

‘n Plastiek inkopiesak word in die houer geplaas. Plaas die mengsel so 5 cm dik op die bodem van die houer en plak die kante van die houer met die mengsel so dik as wat jy verkies.  Die voue in die plastieksak gee ‘n interessante patroon aan die bak as dit droog is.

 

Maak die houer toe en laat staan vir 24 uur om te stol.  Haal die houer uit die plastieksak en laat vir 2 weke staan .  Laat die houer vir ‘n dag week in koue water om die suur uit die sement te kry.  Maak ‘n gaatjie aan die onderkant as dit gebruik gaan word om plante in te plant.  Die houer kan geverf word of jy kan patrone daarop uitkerf.

goodwood-1
Wilna Swart (sameroeper) en Karmelie Theart.

 

goodwood-2

 

 

 

 

 

 

 

 

Karmelie Theart met haar potte.