Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Opvoeding & Kultuur

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  13 Oktober 2016

 

VLV PORTERVILLE:  BESOEK JUBILEUMHUIS EN BUTTERFLY WORLD

 

porterv-1 

Die groep saam met Marianna Jordan en die busbestuurder, Riaan.

 

27 Lede het die VLV-uitstappie na Jubileumhuis meegemaak en was die dames nie verras moet al die mooi handewerk wat hulle daar kon sien nie!  Hulle het ook geleentheid gehad om die tak se geskiedenislêer in die Argief deur te blaai.  Dit het by sommige baie goeie herinneringe teruggeroep.  Die jonger lede wat saam was, was verbaas oor die bewaring van soveel kos-baarhede vir so lank.

 

porterv-2

 Kokkie Albertyn by die Argief

 

Ons kon ook heerlik tee drink saam met ons VLVK-sekretaris.

 

porterv-3

René Hanekom, Anéle van Wyk, met rug na kamera, Lydia Liebenberg, Marianna Jordan en Karen Richter.

 

Daarna het ons ‘n leersame besoek aan Butterfly World gebring.  Tydens ‘n kort lesing word ons ingelig oor die siklus van die skoenlapper –  van eier tot skoenlapper stadium, slegs 12 weke, die verskil tussen ‘n skoenlapper en ‘n mot en die uitbroeistadium.  Die papies word met speldjies opgehang en as die skoenlapper uitgebroei is, hang dit eers onderstebo sodat sy lyfie opgepomp word voor hy kan vlieg.

 

porterv-4

Siklus van eier tot skoenlapper

 

porterv-5

Verskil tussen skoenlapper en mot

 

 

 

Hulle ontferm hulle ook oor ander tropiese diere en skep die ideale temperatuur waaraan hulle gewoond is.

porterv-6

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alet Steenkamp wys dat sy nie ‘n bang haar op haar kop het om ‘n slang te troetel

nie!