Home/News, Voëlvlei Tak/Voëlvlei kuier saam

Voëlvlei kuier saam

Sirkel: SWD

Tak:  Voëlvlei

Beriggewer:  Elize Locke

Fotograaf:  Petro Geldenhuys

Datum:  11 Oktober 2016

KOEBAAI 2016!!!

Groot Brak word ingeneem deur 38 dames van Voëlvlei op Dinsdag, 11 Oktober vir die afsluit van die jaar se verrigtinge by die oulike Tafeltjiedek Koffiewinkel.

12 Dames wat getrou elke vergadering gedurende 2016 bygewoon het, word beloon met ‘n teelepeltjie en bedank vir hul toegewydheid.

voelvl-2

Agter Vlnr      Annalene Booysen, Chrisilda van Rensburg Elize Pienaar, Betsie Muller Marie van Rensburg, Tineke Reinink

Voor Vlnr       Reeva Pienaar, Rika de Villiers, Christine Beytel, Elize Locke

Verskeie toekennings is aan dames gemaak wat gedurende 2016 gereeld aan die tak, konferensie en kongres kompetisies deelgeneem het.  Ada Gericke het ‘n sertifikaat ontvang vir die Meeste Inskrywings.  In die afdeling vir die deelnemer wat die Meeste Punte deur die jaar versamel het, ontvang Ada ook die eerste plek met Christine Beytel tweede en Elize Locke derde.

voelvl-1

vlnr     Elize Locke, Ada Gericke (Meeste Inskrywings en Punte) en Christine Beytel

Uiteindelik breek die tyd aan om uit te vind wie jou Spokie was wat jou deur die jaar bederf het met lekkernye, blomme, tydskrifte, ens, ens.  Dit is sekerlik een van die hoogtepunte van die jaar.

voelvl-4

Was jy my Spokie???

Elize Locke bedank die bestuur asook die lede vir hul samewerking en toegewydheid en spreek groot waardering uit vir lede se ruim bydraes vir die Albertinia Versorgingsoord gedurende 2016.

By |2016-10-12T07:27:46+02:00Oktober 12th, 2016|News, Voëlvlei Tak|0 Comments

Leave A Comment

Go to Top