Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 11 Oktober 2016

 

slot-5

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gasvroue: Salome du Toit, Elsa Carstens en Alice Swanepoel saam met Laurinda Hofmeyr (gasspreker)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat ‘n heerlike vergadering!

 

Ons het gehoor van die “Giant Flag”-projek in Graaff-Reinet –  om d m v vetplante die landsvlag uit te beeld, sigbaar vanuit die lug.

 

 

Verder het die Landbousaamroeper vertel dat Landbou meer volhoubaar is teenoor mynbou wat die grond uitput. Die getal boere in SA is tans 34 000 teenoor vroeër se 170 000. Regerings beraam planne om oorskot uit te ruil sonder om wins te maak, bv Amerika stuur oorskot bruin hoendervleis na SA @ dieselfde prys as in Amerika. Die afgelope jaar is die droogste jaar wat nóg aangeteken is.

 

Die tak se foto-album is uitgestal en hoe lekker was dit nie om foto’s van afgestorwe lede te sien nie? Die foto’s van toeka oor hoe jonk ons eens was, het groot opgewondenheid en verbasing gebring. ‘n Voorlesing van Nataniël se “My lyf my lot”, uit Kaalkop, het vir groot genot gesorg.

 

slot-1

Aletta Keyser, Sannalize Schreuder, Elmarie van der Merwe en Bokka Wagenaar blaai deur die foto-album

 

Laurinda Hofmeyr, wat dit geniet om kleur van musiek by kleur van gedigte/woorde te sit en gedigte toonset, het ‘n gedig aan elkeen uitgedeel. Vrae soos “waar lê die klem in elke reël?, wat is die ritme in elke reël? en wat is die kernboodskap wat moontlik herhaal kan word in ‘n lied?” het die aanwesiges hard laat dink. Groot was die verbasing toe party ‘n melodie by die woorde sit en dit begin sing.

 

slot-3

Groep wat saamwerk met die spreker

 

Die proses om ‘n gedig te toonset:

  1. Lees die gedig baie goed (weet iets van die digter bv vir wie dit geskryf word, omstandighede),
  2. Interpretasie,
  3. Betekenis,
  4. Ritme bv 3-tyd (kan afgewissel word),
  5. Melodie, harmonie, herhaling, struktuur (genoeg herhaling soos in enige kuns),
  6. Tekstuur (toonkleur; dromme, klavier…)

 

Sy hou daarvan om Breyten Breytenbach se gedigte te toonset, want sy werk is baie beeldryk; sy sien in prentjies. Sy ontgin ‘n wye verskeidenheid van SA se gedigteskat. Sy het bv Laurika Rauch se “Huisie by die See” getoonset en onlangs was haar BLOU baie gewild.

 

slot-2

Kunstig versierde geskenke vir die spreker en die verjaardagdames

 

slot-4

Fia la Grange en Leone Hugo saam met die Sirkelpresident, Marinda Rall (middel), wat die tak kom besoek het