Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Margaret Van Der Mescht

Datum: 11 Oktober 2016

 

Kaptein Sandra Janse van Rensburg, SAP woordvoerder by Mountweg Polisiestasie, gesels oor veiligheid..

 

Huisroof is `n groot probleem.  Kriminele persone sal nie huiwer om geweld te gebruik nie. Moenie jou teëstaan nie, al gebruik die rowers baie keer speelgoed wapens.

 

Die huis word dopgehou en  “ gemerk” met `n blikkie, sak of bottel op die gras vir `n volgende persoon om in te breek. Moenie adverteer wat jy gekoop het deur bokse buite te sit vir vullisverwydering nie.

 

Wanneer werk in jou huis gedoen word, kry `n firma wat jy vertrou. Werksmense by jou huis gee inligting deur aan kriminele persone. Maak `n afskrif van huis- en tuinwerkers se ID.

 

Dit is veiliger om geld te trek by `n OTM by `n bank as `n losstaande OTM. Aanvaar geen hulp van enigeen wat jou wil help.

 

Wees waaksaam en probeer misdaad vermy. Moenie jou handsak in die winkeltrollie sit nie. Bêre inkopies in die kattebak van die motor.

 

Indien jy vermoed jy word agtervolg in jou motor, draai vier keer na regs. Indien die motor nog agter jou is, ry reguit na die naaste polisiekantoor. Probeer die registrasienommer van die voertuig kry.

 

Wissel jou roetine af.

kragga-1

 

 

 

 

 

Anne de Beer, sameroeper van Openbare Sake, en Kaptein Sandra Janse van Rensburg.