Sirkel:   Tygerberg

Tak:   Brackenfell

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer:   Lettie van Wyk

Datum:     6 Oktober 2016

 

Daar is nooit einde aan die leerproses nie, dit het Brackenfell-lede weer van vooraf besef toe Herman van Creative Talents in Bellville, ons kom besoek het.

Ons het almal foto’s of mooi prente in ons huise, wat ons iets besonders mee wil doen.   Wel, Herman het vir ons kom leer om so ‘n foto met ‘gel medium’ oor te dra op ‘n klip, ‘n bord, ‘n koppie, of wat ookal byderhand is.

Hy het vooraf ‘n karton wit geverf.   Daarop het hy toe met ‘n palet mes ‘gel medium’ aangesmeer.  Hy het ons gewaarsku om dit nie te dik of te dun te doen nie.

 

brack-2

Herman is besig om die gel medium aan die karton te smeer

 

Eerstens moet jy die foto wat jy wil gebruik, laat laser-print. Daarna maak jy ‘n afskrif van die foto op gewone wit papier. Sit die afskrif met die gesigkant op die gel wat jy op die bord gesmeer het neer en rol dan met ‘n harde roller al die voue uit. Maak so glad as moontlik, anders gaan die eindproduk golfies maak, omdat die gel medium alles laat saamtrek. Daarna moet ‘n mens geduldig wees, want die gel moet nou vir 24 uur deurskynend droog word.

 

brack-3

Hy is besig om die papier af te was met ‘n sponsie

 

Nou kan jy alles liggies met ‘n klam spons in sirkels afwas totdat al die papier afgewas is.   Dit lyk nou asof die prent verdwyn het.   Los nou weer tot heeltemal droog.

 

brack-1

Hier wys Herman hoe lyk die foto voordat die ‘gloss spray varnish’ aangespuit is.

 

Laastens word ‘Gloss Spray Varnish’ gebruik om jou foto te seël en siedaar! Die kleur kom weer terug!

 

brack-4

 

 

 

 

Voorbeelde van Herman se werk.

 

 

 

 

 

 

Almal was baie beïndruk en sal sekerlik die koppe en hande laat werk na die inspirasie wat Herman ons gegee het.