Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 5 Oktober 2016

 

Altzheimers / Demensia.

 

Spreker is Dr van Lill (Kliniese- en Bedryfsielkundige)

 

Agtergrond:

Altzheimer is ‘n neurologiese siekte.        Dit begin waar jy dit nie kan sien nie, in die brein.                     Merkbare veranderinge vind met die tyd plaas.      Plaakbondels/knope vind neerslag in die brein en word as die belangrikste oorsake beskou.       Neurone word deur plaakbondels/knope beskadig.       Oordrag tussen die neurone veroorsaak breuke in oordrag.    Dit veroorsaak dat die geheue gaan.           ‘n Altzheimers pasiënt se brein is ⅓ kleiner as ‘n normale brein.

 

Kenmerke:

Altzheimers is onomkeerbaar.       Geheue word aangeval en dan die denke.

Aanvang is ± 60 jariges.      Die derde grootste oorsaak vir dood is Altzheimers.

Eerste = Kanker; Tweede = Hart en Derde =  Altzheimers.

Verlies aan redeneervermoë.        Gewone alledaagse funksies kan nie meer gedoen word nie.

 

langebaan-2

Dr Chris van Lill (gasspreker) en Louna Niehaus (Sameroeper Gesondheid).

 

Daar is twee tipes Altzheimers:

  • 20 – 30 jariges – vroeë Altzheimers. Toksiese stowwe wat neergelê word in die brein.
  • 60 + en verloop ook vroeër.

 

Maniere om Altzheimers te identifiseer:

  • Kan nie 5 syfers in volgorde herhaal of agteruit onthou nie;
  • Weet nie wat die dag, datum of jaartal is nie;
  • Deur bloedmonsters te toets;
  • Deur ‘n skandering van die brein te doen.

 

Ooreenkomste met Parkinsons:

Bewegingsteurnis: arms, bene, kakebeen en gesig.     Balans probleem.

Bewegings is al hoe stadiger.        Ook neuron verlies in brein.

 

Hoe lyk Altzheimers pasiënte en normale persone:

Vergeet – soos ons ouer word vind veranderinge in die brein plaas;

Stres en spanning veroorsaak ook probleme;                Misplaas dinge.

 

Vroë stadium van Altzheimers simptome:

  • Vergeet dat hul vergeet / korttermyn geheue vind nie sy pad terug nie;
  • Vergeet jou kinders / vriende en baie belangrike persone se name;
  • Baie verward / deurmekaar – weet byvoorbeeld nie waar die motor geparkeer is nie;
  • Was nie meer nie – persoonlike higiëne gaan / onnet.

 

Middel stadium van Altzheimers:

  • Begin verjaardag vergeet en ook die jaar van jou geboorte;
  • Verward / baie geïrriteerd en aggressief, vrees en bang;
  • Slaap – groot probleem;
  • Oriëntasie – tyd / plek. Weet nie waar jy is nie.

Later stadium van Altzheimers:

  • Denkproses het gegaan;
  • Spraak / kan nie meer hulself uitdruk nie;
  • Herhaling;
  • Angs / paranoia.

 

Slaap is baie belangrik.      Slaap herstel die brein.

Dit is as ’t ware die reset knoppie van die brein, veral ‘n rustige slaap.

 

Daar is 3 tipes geheue:  Korttermyn, mediumtermyn en langtermyn.

 

 

Altzheimers vind in die korttermyngeheue plaas.

Medikasie wat beskikbaar is, is slegs om pasiënte rustiger te maak.  Dit sedeer die pasiënte.    Die primêre oorsaak is geneties.      Altzheimers kan glad nie gestop word nie.      Daar word slegs gepoog om pasiënte rustiger te kry.         Navorsing is baie belangrik.  Kyk veral nie jul leefstyl en wat jul eet.     Ons lewenspatroon het drasties verander.

 

Ons gebruik selfone, rekenaars ens.     Lewenspatrone is destruktief.   Ons eet vinnig, leef vining en het geen meer ek tyd nie.

 

Dinge wat goed is vir die brein:

Blokraaisels, skaak, seduko, lees, legkaarte.

Televisie is sleg.  Moet veral nie televisie kyk ‘n uur voor slaaptyd nie.

Mans is meer geneig om Altzheimers te kry as vroue.

Mans is hul hele lewe baie aktief en dan tree hul af en bly hul breine nie meer so besig nie.

 

langebaan-3

Die Gasvroue: Martie Purdie, Trish Rodgers, Maretha Botha, Carine van Eyssen, Pina Krumm, Cornie van Wyk, Marie Snyman, Alta Dednam, Louna Niehaus.

 

langebaan-1

Verjaardagdames vir die maand van Oktober: Judy Peacock, Hennah Greeff en Elma Prins.