Sirkel: Suidwestelike Distrikte

Tak: Klein Brakrivier

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum: 27 September 2016

 

Anina van Tonder van die plaas Latchets wat aan Botlierskop grens het vertel van die interessante Afrika Rosella eetbare blommetjies wat hul op die plaas kweek en inlê.

 

Anina het die fynproewer versnapering ontdek op ‘n besoek aan haar dogter in Australië.   Op ‘n funksie saam met haar dogter, was sy begroet met ‘n Rosella blommetjie in ‘n glas wyn.

 

Sy het opgewonde teruggekom na SA met die idee om dit hier te plant.   Groot was haar verbasing toe sy uitvind dat hier alreeds navorsing by Stellenbosch gedoen is oor die Rosella blommetjies.  Dit is ook bekend as die Wild Hibiscus blommetjie en groei wild in KwaZulu-Natal.  Dit is ‘n eenjarige plant wat soos ‘n struik groei. Dit is baie werk intensief, aangesien elke blommetjie met ‘n skêrtjie afgesny word.   Die saadkapsule aan die agterkant van die blommetjie word uitgehaal en daardie saadjies word gebruik om nuwe plantjies mee te kweek.

 

Na baie pogings deur Anina en haar vriendin, Helen Malan, om net die regte stroop te bemeester vir die inlê van die blommetjies, is hulle nou goed op dreef met die bedryf.      Die gebruike van die Rosella blommetjies is legio o.a vir versiering op kaaskoeke, op roomys, in slaai, in drankies.

 

  Vir meer inligting besoek www.africanrosella.com.

 

kleinbrak

Van links Helen Malan en Nina van Tonder.

 

Gerda Kinsey het die lede bederf met ‘n paar pragtige liedjies.   Dalene Cloete het ‘n roerende gedig van Adam Small voorgelees.