Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 20 September 2016
Tema: Landbou
Connie Viljoen van AgriSolar besoek Vryburg VLV en ons word sonwys. Sonkrag kan soveel krag bespaar in dorpe en stede maar op afgeleë plase is dit die antwoord op baie probleme. Sonkrag word opgewek deur beweging van positiewe en negatiewe deeltjies. Krag word in batterye gestoor.
Charlotte Bouwer en Connie Viljoen
By die geleentheid het Tersia Grobler, president van Sirkel Kalahari, lede gemotiveer om hulself uit te leef in die VLV. Ontdek jouself en gebruik die organisasie as platform om probleme aan te spreek.
Vryburg se nuwe bestuur: Charlotte Bouwer, Arine Bosch, Ora Jordaan, Daline Geere, Nellie Viljoen, Esta Grobler, Tersia Grobler (sirkelpresident) en Carien-Mari Brink
Arine Bosch laat die gedagtes gaan met haar artikel vir sensoriese stimulasie van Alzheimer pasiënte.
Arine Bosch met haar artikel vir Alzheimer pasiënte
Charlotte Bouwer maak miniatuur tuintjies in enige ou houer soos ‘n skottel of kruiwa. Sorg net vir behoorlike dreinering. Kinders word veral gefassineer deur die feetuintjie. Die plante moet gedurig gesnoei of vervang word indien dit te groot groei.
Charlotte se miniatuur feetuintjie
Vetplanttuintjie
Hester, Charlotte, Eurika en Soekie was verantwoordelik vir die vergadering
Leave A Comment