Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Jackie Barnardt
Datum: 20 September 2016
Beatie van Dalen van Jansenville demonstreer die maak van ‘n platbrood (Flat Bread) met interessante ‘toppings” soos gekaramaliseerde uie, ham of salami, groen vye, kersie tamaties, sampioene, feta, cranberries en brie. Brie moet jy eers opsit as die brood uit die oond kom. ‘n Platbrood is nie ‘n Pizza nie en die deeg moet met jou hande so plat as moontlik gedruk word. Vryf olyfolie en knoffel eerste op en dan die res.
Linette Botha, Beatie van Dalen, Helen Crause
Tooi jou tafel deur die gebruik van silinders, blompotte en enige interessante houers. Wees kreatief deur ornamente soos bv. hasies te gebruik. Interessante blikke en silwer teepotte kan as houers gebruik word. Ronde bakke met suurlemoen skyfies in is ook baie treffend. Beatie demonstreer ook verskillende variasies vir ‘n Vintage tee. Vintage koppies met ‘n klein rangskikking in kan hang aan ‘n staander.
Beatie van Dalen by die Vintage koppies wat hang aan staanders
Beatie demonstreer die maak van plekmatte met “scrapbook” papier waar sy gebruik maak van stensil werk.
Foto 3: Plekmatjies
Mev. Helen Crause het ‘n uitstalling van tafeldoeke en plekmatte en deel haar Tafeldoek stories. Daar was kanttafeldoeke van Madeira , Brussels en Venisië sowel as Nanduti kant.
Helen Crause
Jackie Barnardt demonstreer die maak van ganache en vertel meer oor die waarde van BALLS flesse en hoe jy die ouderdom en waarde van hierdie ou inmaakflesse bepaal. Google: Ball – History & Timeline vir meer inligting. Irene Colborne gee wenke vir preservering en Linette Botha demonstreer die maak van ‘n oorgooi sjaal in ‘n kits sowel as ‘n gehekelde sakkie waarin ‘n sepie hang aan ‘n buite kraan vir die manne.
Bestuur 2017: Jackie Barnardt, Ansie Du Preez Adriana Theunissen, Riëtte Fourie, Andra Korff, Rita Voster, Louretta Lötter (Amour Strydom afwesig)
Leave A Comment