Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 20 September 2016
Ananda Russ, ‘n Natuurlike Gesondheidskonsultant, het die lede kom
inspireer om ‘n gesonder lewenstyl te handhaaf d.m.v. ‘n gesonde
dieet. Nadat sy baie jare gelede met Crohn se siekte gediagnoseer is,
het sy besluit om self te sien wat vir haar liggaam werk. Sy volg ‘n
5 punt-plan, nl.
- Een van jou maaltye moet uit vrugte bestaan – daardeur kry jy
genoeg natuurlike suiker in. - Eet iets rou voordat jy ‘n bord gekookte kos inneem – sommer
terwyl jy die kos voorberei. ‘n Halwe avokado ‘n dag is ideaal vir
gewigsverlies. - Eet rou neute i.p.v. om aan aartappelskyfies te peusel. Eet
eerder vrugte voordat jy ‘n sjokolade verorber. Piesangs is sekerlik
een van die wonderlikste vrugte, veral vir opelyf. Drink 125ml (3
slukkies) water elke uur wat jy wakker is – op hierdie manier kry jy
genoeg water in. Dit is ook goed om 4-6 koppies kookwater ‘n dag te
drink – dit spoel jou lewer. - Eet slegs 2-3 porsies vleis (diereproteïne) per week en dan moet
dit ook slegs die grootte van jou handpalm wees. - Moet nooit proteïne en stysel saam eet nie – die kombinasie is nie
goed vir jou liggaam nie.
Ananda Russ en Alet Colyn, Saamroeper
Ananda is ‘n voorbeeld van ‘n
gelukkige, blakend-gesonde
vrou wat glo dat jy lewe of dood
in jou liggaam sit –
die keuse is joune!
Leave A Comment