Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Landbou En Tuinbou

Beriggewer: Anneline Beelders

Datum: 15 September 2016

 

Inheemse Tuinplante en Tuinmaak

Wynproe by Die Keldery

 

Die maandvergadering van September was sommer ook ‘n viering van die lente met mooi bosse tuinblomme in houers uitgestal, die mooie Heidi van Niekerk, VLV Sirkelpresidente, wat kom kuier het en ‘n praatjie oor mooi inheemse tuinplante en tuinmaak.

 

vredendal-2

Wynproe:  Heidi van Niekerk, Elmarie Fouche en Sanet Ras

 

Dit is afgesluit met ‘n wyn en sjokoladeproe by Die Keldery. Wyne wat geproe is, is ‘n Namaqua Chenin Blanc/Sauvignon Blanc versnit geproe met Lindt sjokolade met ‘n lemoengeur; B4 Play Musante (‘n semisoet vonkelwyn) met Lindt sjokolade met vanilla; Spencer Bay Pinotage met Lindt sjokolade met chilli; Spencer Bay Cabernet Sauvignon met “touch of salt” wit sjokolade en Namaqua wit Muskadel met Lindt sjokolade met 70% kakao. Die oggend was groot pret en ‘n volwaardige viering van die lente en die lewe.

 

vredendal-1

Uitstalling van boeke en blomme