Sirkel: Noordoos-Kaap

Tak: Steynsburg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Marieka Bekker

Datum: 14 September 2016

 

 Isabel du Toit (Sirkeltesourier en –sekretaris) en Marieka Bekker (Sirkel Bestuurslid) van Lady Grey het vir Sirkelpresident Antoinette van Pletzen op ‘n takbesoek aan Steynsburg gaan verteenwoordig. Die tak, onder leiding van Alet Zwiegers, het ons vriendelik verwelkom. Dit was ‘n heerlike kuiermiddag en baie leersaam. Die dames het wenke onder mekaar uitgeruil vir o.a. gebak en breiwerk, en daar is onderling gelukgewens met die besonderse handgemaakte items waarmee die dames kom spog het.

 

Die hegte vriendskapsband tussen die lede was baie duidelik sigbaar.

 

steynsb-2

Steynsburgtak met Isabel du Toit heel regs.

 

Elmien Downey van Sirkel Cradock se Cradocktak, het die dames kom wys hoe om koekversiering te doen vir verjaarsdagpartytjies en ook om kolwyntjies te versier. Elmien het dit so maklik laat lyk en sommer spoggerig met baie min! Sy sny byvoorbeeld ‘n malvalekker so op dat dit soos ‘n blommetjie lyk! En met ‘n Oreo koekie en ‘n paar smarties het sy ‘n kolwyntjie in ‘n uilverander.

 

Marieka en Isabel wil graag die tak bedank vir hul gasvryheid en sal beslis weer gaan kuier!

 

steynsb-1

 

 

 

 

 

 

Elmien Downey wys ons hoe om ‘n koek mooi te versier met min.

steynsb2      Versierde kolwyntjies.