Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Irma Siebrits

Datum: 8 September 2016

Aanoewer Lentetee

 

Ons VLV-tak bied jaarliks die Lentetee aan vir ons bejaardes by die Aanoewer. Dit is altyd ‘n groot opgewondenheid, want daar word baie moeite gedoen met die geleentheid.

 

velddrif-0             velddrif-2

Tafelversierings                                                                                                 Eetgoed

Ons tema was vanjaar Seerowers. Swart tafeldoeke, skatkissies met juwele, visnet, seesand en dryfhoutjies, was deel van die tafelversiering. Op die verhoog was materiaalblomme vir die konsert wat aangebied sou word. Marie Malan, ‘n uiters bekwame en talentvolle lid van die VLV, het ‘n toneelstukkie geskryf. Ons almal was soos seerowers aangetrek!  En hoe kreatief is ons lede nie. Party kon glad nie herken word nie: snorre, ‘n bokbaardjie, ‘n pappegaai op die skouer, ‘n groot hoek in ‘n hand se plek!!  Dit alleen was groot pret!

 

velddrif-1

Groepfoto

Ons het eetgoed vir die bejaardes voorgesit en elkeen wat verjaar het, het ‘n klein geskenkie gekry.

 

velddrif-4      Kamermeisie

 

Toe kom die hoogtepunt – die toneelstukkie.  En was ons nie verras nie – dit was regtig puik! Die bejaardes en onsself was dubbeld gevou van die lag!  Die prinses, die prins, Aspoestertjie, die aankondiger en die seerowers was regtig komies. Die arme prinses word toe Voges se Voggies in plaas van suikerwater ingejaag! Sy was daarna heeltemal ontspanne! Die bejaardes het die bederf en vermaak baie geniet!

 

velddrif-3     velddrif-5

Seerowers                                                                 Nog seerowers

 

En natuurlik sien Aanoewer alweer klaar uit na volgende jaar se VLV Lentetee!