Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 7 September 2016

Langebaan Tak se tema vir die September vergadering was: Op Safari om voëls te
kyk. Colin de Kock, Voorsitter van die Weskus Voëlklub, het ons toegespreek. Daar is 56 endermiese voëlspesies in die Weskus.

Die elemente van ‘n voëlvriendelike tuin is: bome; struike / dig beboste gebiede / grondbedekking; waterpoele; grasse; oop gebiede / grasperke.

Kos en voedingsmetodes vir voëls: Alle voëls is opportunisties wat kos betref.
Saadvreters; Nektaarvreters (1:4 suiker / water); Vrugtevreters – olywe, pepers en bokbos; Insek / Vleisvreters; Versamelaars; Grondvreters – wurms en goggas; Lugvreters. Ander vorm van voeding is parasiete. Waterpoele en fonteine lok ook voëls.

 

vlv-vergadering-7-sept-011-4

Hettie Hauptfleisch bedank die spreker Colin de Kock en Elize
Kleynhans (sameroeper van Landbou en Tuinbou).

 

Geniet voëlkyk en tuinmaak.

vlv-vergadering-7-sept-013
Nuwe / bestaande dames tot bestuur verkies: Maretha Buckle, Elize Jacobs,
Hennah Greef, Jodi Terblanche, Petro Kruger, Cynthia Huysamen, Joey Viljoen,
Helmie Strumpher, Elize Kleynhans en Roleyn Nortier.

 

vlv-vergadering-7-sept-2

Dames van die Landbou en Tuinbou groep.

 

vlv-vergadering-7-sept-009-3

Dames wat verjaar in September.