Sirkel Noordwes-Kaap
Tak: Prieska
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Erika Lubbe
Datum: 7 September 2016
Maryke Visagie, ’n dieetkundige, het 9 riglyne vir gesonde eetgewoontes bespreek.
- Geniet ’n verskeidenheid van voedsel
- Maak styselryke voedsel deel van die meeste maaltye
Verhoog inname van vesel soos bruin- of volgraanbrood, volgraan ontbytgrane of maak droë bone en peulgroente deel van maaltye.
- Vis, hoender, vleis met verminderde vet of eiers kan elke dag geëet word
Verwyder enige sigbare vet voor gaarmaak en moenie ekstra vet byvoeg tydens voorbereiding nie.
- Eet elke dag baie vrugte en groente
Piesangs, droëvrugte, lemoene, pere, appelkose, wortels, spinasie, aartappels, patats en tamaties hoog in kalium kan bloeddruk verlaag (indien ’n persoon hoë bloeddruk het).
- Eet droë bone, split ertjies, lensies en soja
Dit is laag in vet, hoog in vesel en kan in die plek van vleis of vleisprodukte geëet word. Peul-groente is goedkoop en kan saam met ander kosse gebruik word, bv. soppe en bredies.
- Gebruik elke dag melk, maas of jogurt
As jy gewig wil verloor, gebruik altyd lae vet of vetvrye suiwelprodukte, bv. lae vet of 2% melk.
- Gebruik sout in voedsel hoog in sout spaarsamig
Vermy geprosesseerde voedsel: polonie, koue vleise, kaas; peuselhappies: aartappelskyfies, biltong, droëwors; soutsmere: Marmite en Oxo. Gebruik geurmiddels soos suurlemoen, asyn, pietersielie, knoffel, kerriepoeier, paprika, ens. Moet nooit sout oor klaar voorbereide voedsel aan tafel gooi nie.
- Gebruik vet spaarsaam en kies groente-olies eerder as harde vette
Vermy dierlike vetbronne: vet van vleis, vel van die hoender, volroom suiwelprodukte en botter. Kies gesonder voorbereidingsmetodes: rooster, bak of stoom. Moenie voedsel in olie braai nie.
- Gebruik voedsel en drankies hoog in suiker spaarsamig
Beperk inname van wit- en bruinsuiker, sjokolade, koeke, terte en koeldrank. Gebruik koeldranke soos TAB, Coke Zero, Sprite Zero, ens.
- Drink baie water
- Wees aktief!
V.l.n.r.: Liz-Marie Lubbe, gasvrou en Saamroeper van Gesondheid; Marelize de
Villiers, gasvrou
Leave A Comment