Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 6 September 2016

 

s-v-d-p-img_3628

Fia la Grange, Thea Basson, wat die geskiedenis van die takvaandel bespreek het, Marizanne Lombard en Milly Myburgh

 

Hubert Loubser, ou bekende, het ons op “nuwe paaie” geneem. Hy is werksaam by ‘n Engelse rekenaarmaatskappy wat 600 werknemers (in SA) het wat almal vir kliënte in Engeland werk – deur tegnologie!

 

Tegnologie – as jy ‘n selfoon het, gebruik jy tegnologie! Hy gebruik sy Samsung selfoon en verduidelik alles daarmee op ‘n Samsung televisieskerm sodat dit nie net woorde is vir die dames nie!

 

‘n Paar punte wat hy aangeraak het:

  1. Bybel – gratis, in vele tale, oral gebruik ((YouVersion)

 

  1. G-mail en Facebook byvoorbeeld is bo in ‘n “wolk”. Waar daar ookal plek is bv Japan of Engeland. Van daar af na jou toe as jy dit opvra.

 

  1. E-pos – gebruik vir werk en tuis – altyd by jou

 

  1. Google maps – het ingeboude GPS, moet net aanlyn wees. Kan stukkies kaart aflaai as jy bv afgeleë plaas toe gaan of Namibië waar daar nie ontvangs is nie. Kaarte wys d.m.v kleur die drukte van verkeer bv oranje (redelik besig) en rooi (baie besig).

 

  1. Google – Grootste internet maatskappy ter wêreld.

 

  1. Banke – bv ABSA – kry die app op jou foon, is veiliger as op rekenaar (private banking) omdat jou foon, jou nr en jou kode nodig is om aan te teken.

 

  1. Waterpas – Spirit Level kan jy aflaai en aktiveer en jy het ‘n waterpas.
  2. SkyView Free gebruik saam met waterpas en kyk na die sterrestelsels (Moet aanlyn wees.)

 

  1. Slotjie – links bo op webblad wys dit is sekuriteitskoppeling – groen.

 

  1. As jy teamview gebruik, onthou om af te skakel na gebruik!

 

  1. Kamera – Panorama-opsie kan foto oor wye area neem. Rooi kol vir video neem. Jy kan ook ‘n selfie neem deur stellings te verander.

 

  1. Whatsapp – Vraag: share with FB? – nee, hulle soek net nog meer inligting. Moenie AGREE tik nie, tik op Read, dan op volgende skerm, tik Share regmerk af. Lees altyd wat op die skerm staan!

 

  1. Rekenaars praat met mekaar. As daar twee is, luister die een en die ander een praat. Wat as daar baie rekenaars is?! Elkeen het ‘n unieke ip (internet protocol) adres. Die konneksies is wêreldwyd . Dan gebruik hulle routers om kortste paaie tussen rekenaars te soek. Daar is ondersese kabels bv vanaf Melkbosstrand na die res van die wêreld om netwerk te vorm. Dit werk binne sekondes.

 

  1. Wi-fi – Netwerk sonder kabels – met radioseine – so kan jy ook data aanstuur.

 

  1. Sellulêre network – Jou “versoek” gaan na die skakelstasie en weer terug. So hulle hou jou dop hoe lank jy praat of data gebruik en sny jou af as die data op is of jy betaal later.

 

  1. Wat gebeur in ‘n Internet minuut? Bv op Fb – 6 miljoen bladsye gaan per minuut uit en 277 duisend mense log in, YouTube 1,3 miljoen kykers, Google 2 miljoen soeknavrae.

 

Waarheen gaan tegnologie? Trekkers en motors ry reeds sonder bestuurder! Onthou: GEEN rekenaar kan dink nie; net bevele/opdragte uitvoer. Mense programmeer die rekenaars!

 

s-v-d-p-img_3626

Hubert Loubser, spreker, in aksie voor die televisieskerm

 

So vertrek die dames met al hierdie nuwe inligting in hulle koppe – gelukkig vir party nie so onbekend nie.

 

VLV-dames sien mos kans vir nuwe uitdagings!

 

 

 

s-v-d-p-img_3623

Marizanne Lombard wat gevra het dat ons 24 September Cupcake4Kidz ten bate van kinderkankerfonds ondersteun.