Tak:  Victoria-Wes

Sirkel:  Noord-Karoo

Studierigting:  Landbou en Tuinbou

Datum:  3 September 2016

Beriggewer:  Elize Perrin

 

Tydens die VLV se Landbou en Tuinbouvergadering is die dames ingelig oor die maak van bonsaiboompies.  Rhonnie Perrin, wat reeds meer as dertig jaar die stokperdjie beoefen, het die vergadering meer hieroor vertel.  Hy het beklemtoon dat die regte bak ‘n belangrike rol speel in die sukses van ‘n bonsai. Goeie dreinering is noodsaaklik.  Die natuur moet nageboots word – hou dus die vorm van die boom soos wat dit in die natuur lyk.  ‘n Mens moet geduld hê om die stokperdjie te beoefen, aangesien dit ‘n tydsame proses is.  Die gereedskap wat gebruik word is ook aan die dames getoon.

 

Rhonnie Perrin vertel meer oor die maak van bonsaiboompies.

 

Wenke vir die maak van kleiner tuintjies is aan die dames deurgegee deur die saamroeper, asook belangrike landbounuus.

 

‘n Staatmaker van ons tak, Elma Visagie, is die enigste verjaarsdagdame in September.  Aangesien sy later die maand haar tagtigste geboortedag herdenk, is sy so bietjie bederf tydens die vergadering.

Elma Visagie word gelukgewens met haar tagtigste verjaarsdag.