Sirkel: Tygerberg

Tak:  Parow-Oos

Beriggewer:  Cherryl Brand

Portefeulje:  Gesondheid

Datum:  2 September 2016

 

Parow-Oostak het afskeid geneem van Kobie Swanepoel as Voorsitter en van haar man, Frans Swanepoel, wat haar bygestaan het.

Wilma Hanekom, ‘n lid van die tak, het vir Kobie Swanepoel bedank vir al haar harde en toegewyde werk wat sy deur haar 7-jaar termyn gelewer het. Sterkte is vir haar met haar aftrede en gesondheid vorentoe toegewens.

 

VLNR: Kobie Swanepoel(uittredende voorsitter), Mev Wilma Hannekom(lid van tak) en Mnr. Frans Swanepoel.

Gedurende 2016 is 180 teddiebere, 80 “beenies”, 24 babakombersies en 3 truitjies gebrei en ingesamel en aan “CHOC” kinderkanker-afdeling vanTygerberg Hospitaal oorhandig.

 

Klere is ingesamel en aan Tygerberg Hospice geskenk. Alet Burger het 9 tafeldoeke gemaak en ander  lede het 9 vleeskomberse, met rek sodat dit nie afgly nie, aan Sakkie en Ferdie  van QUASSER oorhandig.

 

Sakkie by QUASSER HUIS PAROW by oorhandiging.

 

VLNR: Cherryl Brand lid van Parow-Oos, Mej. Lilian Brummer, Mev Irene Koorts, lede van Tygerberg Hospice, en Rosa du Toit lid van Parow-Oostak.

 

VLNR: Rosa du Toit lid van Parow-Oos met Marilyn en Precilla by die oorhandiging van goedere aan “CHOC” by Tygerberg Hospitaal.