Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  1 September 2016

 

VLV PORTERVILLE NEEM DEEL AAN TUINDAG VIR HULLE TAKPROJEK

 

portervil1

Nicolene  van der Merwe (Openbare Sake), Hilde Visagie (lid), Lariska Verster (Landbou & Tuinbou) en Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter)

 

Onder die bekwame leiding en entoesiasme van die Voorsitter, die Saamroeper vir Landbou & Tuinbou en die Saamroeper vir Openbare Sake is besluit om die plaaslike polisiestasie se tuin op te knap.

 

Met die hulp van Dawie, wat die onkruid verwyder het, het die dames die bestaande plante en struike herverdeel, uitgedun en die tuin herrangskik om ‘n mooier oog te maak.

 

portervil-2

Mary-Ann, Dawie, Lariska, Hilde en Nicolene.

 

portervil3

Die tuin voordat die groenvingervroue ingespring het.

 

Waterwys plantjies is in mooi versierde bakkies geplant en op die stoep geplaas.  ‘n Afgesaagde palmboomstam is uitgehol en met plantjies versier.

 

portervil4

 

‘n Wishing Well is uit ou motorbande gemaak deur dit te verf en mooi te versier.  Die taak is met groot liefde verrig om ook sodoende ons VLV-tak se erkentlikheid teenoor die SA Polisiediens te bewys vir die onbaatsugtige diens wat hulle in Porterville verrig.

 

portervil5

Die eindproduk nadat die dames klaar was.

portervil6