Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  1 September 2016

 

porter-1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr. Willie van Rensburg spreek die Tak toe oor  skaap- en wolboerdery en “sponsering” van ooie.

 

 

 

 

 

Willie van Rensburg.jpg

 

 

 

 

  • Skaapboerdery in Weskaap – in twee kategorieë:  wolproduksie en vleisproduksie,  met verwysing na Duitse Merino.

–   Eienskappe van ras:  super vrugbaar, goeie moeders, vroeg geslagsryp, lammers

groei vinnig, top kwaliteit karkasse, medium tot sterk, suiwer wit wol.

–   Ander rasse wat uit die vleismerino ontwikkel het:  Dohne Merino, Afrino, Dormer.

–   Bouvorm:  funksioneel doeltreffende, geen gebreke, spierontwikkeling goed.

 

  • Wolboerdery: Ooie lewer 3-4 kg (18-25 mikron) en ramme 5 kg (19-27 mikron).  Die sye lewer die beste wol.  Tans is die prys R153/kg vir skoonwol en R133/kg vir vetwol.

–   Doel van wolklassering is om soorte wol bymekaar te sorteer.  Subjektiewe meting

volgens lengte, fynheid, voorkoms van wolvet of lanolien (roomkleurig is ideaal),

kondisie (wit wol lig en geel wol is swaar), treksterkte (vat punte en trek sonder

om te breek beteken goeie wol, terwyl swakplekke in wol breekwol genoem word).

–   Bale word gekodeer volgens kwaliteit.

–   Objektiewe meting word gedoen.  Suid-Afrika se laboratoriums is wêreldstandaard

en daar word wêreldwyd meegeding.

–   Skeerproses en skeertyd:  4 skeerders, met elektriese skeermesse kan 600 skape

per dag skeer, 3 minute per skaap.  Skeertyd is Julie tot September anders raak

hul mae te los as die kos te veel raak en die klossies raak te veel.

–  Sortering van wol:  Die hele vag van die skaap kom op die wolstapel en die vuil wol

word  uitgehaal.  Vroue word as die beste wolklassers beskou.

 

porter-2

Wolklas

  • Bestuur van die skaap:  150 dae dragtig, ovuleer 17 tot 21 dae, dekperiodes 35 tot 42 dae, 3% ramme word gebruik en 1% koggelramme – hulle het al die eienskappe, maar kan nie voortplant nie.  Dektyd:  Oktober tot Desember is natuurlike vrugbare tyd vir diere.
  • Groep/Kuddeparing: Begin 1 Desember, haal ramme na 35 tot 42 dae uit, skan-deer  ooie 42 dae na ramme uit is;  ooie begin lam van 25 April (dag 146 tot 155).
  • Spons van ooie (aanhelp van ovulasiesiklus): Ooie word volgens gewig gespuit.

Dag 1 (1 Oktober) word sponse ingesit, dag 12 tot 14 trek sponse, spuit DMS (dragtige merrie serum), 36 uur later word ramme bygesit vir 24 uur en ooie begin lam dan teen 24 Februarie.

 

porter-3

Sponseringapparaat

 

–    Lamhokke:  Ooie en lammers bly 5 dae daar tot die lammers sterk genoeg is.

–    Speen van lammers:  Die stert van die lam word na een maand afgesit en ge-

kasteer.  Hulle word gespeen as die jongste lammers 100 dae oud is.  Die stert

word afgesit omdat hoe groter die stert, hoe meer bevuil die skaap hom.

–     Bemarking:   Dit word gedoen as die skaap se lewende massa 40 tot 45 kg is.

Die karkasgewig is so 18 tot 22 kg.  A2- en A3-gradering is die beste.  Tans is A3-

gradering R60 tot R62 per kg.

  • Voeding: Voor paring word prikkelvoeding gegee.  Die laaste 6 weke van drag-

tigheid by ooie word proteïen gevoer tot een maand na lamtyd.  Natuurlike voe-

ding is baie stimulerend vir die ooi en lam.

  • Siektebeheer: Ooie:  bloednier, bloutong, bloedderm en interne parasiete;  lam-

mers:  bloednier en melklintwurm.  Die skaap word met parasiete gediagnoseer

deur die wit in hul oë of in die mis.