Sirkel: Worcester Sirkel

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 1 September 2016

 

September is Lente en ons hou fees. Ons klink ‘n glasie op die tak wat op 24 September 1956 deur mev Maria Stofberg gestig is en Jacoba du Plessis, ‘n meelewende lid wat 90 geword het!!

 

maria-s-img_5977

Die tak se 3 porseleinpoppe! Jacoba du Plessis(90jr), Sella Swart (94jr) en Daphne Auret (89jr)

 

Na die feestelikheid is die vergadering meer morbied.

 

Tana du Toit, ‘n plaaslike prokureur, gee inligting oor derdeparty eise – met die klem op die Padongelukkefonds – deur.

  • Wanneer het iemand ‘n derdeparty eis:

Wanneer jy of jou kind betrokke was in ‘n motorongeluk en ‘n besering opgedoen het in die ongeluk, mag jy ‘n eis instel teen die Padongelukkefonds.

 

  • Wat kan jy van die Padongelukfonds eis:

Gelede en toekomstige mediese koste; verlies aan inkomste; toekomstige verlies aan inkomste, begrafniskoste en pyn, lyding en verlies aan lewensgenietinge, slegs ingeval van baie ernstige beserings.

 

  • Wanneer het iemand nie ‘n derdeparty eis nie?

Wanneer daardie persoon die bestuurder was van die voertuig wat die ongeluk veroorsaak het.

 

  • Hoe lank tyd het ‘n mens na ‘n ongeluk om ‘n eis in te stel?

Indien jy weet wie die bestuurder van die voertuig was wat die ongeluk veroorsaak het, het jy drie jaar tyd.  Indien dit ‘n tref-en-trap ongeluk was, het jy net twee jaar tyd.

 

  • Het jy ‘n prokureur nodig om jou te help?

Beslis!  Neem die volgende dokumente saam: ID, huweliksertifikaat, Geboortesertifikaat (van kind), dokters- en hospitaalrekeninge. In geval iemand oorlede is: ook sterftesertifikaat, begrafnisrekening en besonderhede van werknemer.

 

maria-s-img_5991

Alta Britz en Tana du Toit

 

Inligtingstukke oor “Sake wat almal in orde moet kry”, asook  “Bereddering van ‘n boedel”  word uitgedeel.

Wat moet elkeen in orde kry? Jou testament; lewensversekering; begrafnispolis;geld; bankrekening; wense rakende begrafnis en wie in ‘n sterfgeval  gekontak moet word.

 

maria-s-img_5993

Susan du Plessis gee inligting oor die bome van die jaar en moedig lede aan om

gedurende Septembermaand ‘n boom of struik te plant.