Sirkel: Weskus
Tak : Piketberg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Nicoline Brown
Datum: 31 Augustus 2016
PIKETBERG RAAK HART en HANDE
VLV-lede en vrywilligers maak 2x per week broodjies vir TB-pasiënte by ons plaaslike dorpskliniek. Hulle moet iets eet voordat hulle medikasie kan drink.

Broodjies vir plaaslike kliniek
Tydens ‘n werksoggend wat die tak gereël het, het van die lede 9 “vroetel-voorskote” vir Alzheimerpasiënte in ons plaaslike tehuis gemaak. Verskeie teksture is vasgewerk asook kunstige artikels waarmee hul die brein kan stimuleer. Volgens navorsing kan sulke aktiwiteite die Alzheimerpasiënt rustig maak en woede-buie beperk.
“Vroetel-voorskote” vir Alzheimerpasiënte
Met dieselfde werkswinkel is serpe geknip van ou t-hemde – hierdie serpe is vir die plaaslike tak van BADISA geskenk. Dit sal aan plaaswerkers wat op landerye werk en blootgestel is aan koue winters gegee word. BADISA sal ook van hulle skenkings gebruik om persone op te lei om sodoende hul eie serpe te maak.
Dames besig om voorskote en serpe te maak
Serpe geskep uit ou t-hemde
Leave A Comment