Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Orania

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Lenie De Kock

Datum:  25 Augustus 2016

 

Francis Prinsloo deel met ons: Om weg te hardloop van probleme is dié resies wat jy nooit sal wen, lê dit voor jou Hemelse Vader, en  God het nog ʼn dag aan jou lewe gelas, nie omdat jy dit nodig het nie, maar omdat iemand jou dalk nodig het.

 

Sy vertel ook hoe om van ʼn T-hemp ʼn kussing te maak, en om die heupstuk van ‘n denimbroek as heupstuk vir ʼn romp te gebruik.

 

Ons tak gaan ʼn tafel vir twintig dek by ʼn funksie ten bate van Karoosig, ons ouetehuis, asook slaai vir ons tafelgaste maak.  Nog twee lede behartig ʼn tafel op hul eie.

 

Klerekasbeplanning is ons onderwerp, aangebied deur Celeste van Niekerk.

 

Lede het serpe gekies om ons dogtermodelle mee af te rond.

 

Wenke sluit in

      1. Geen onderklere mag uitsteek

  1. Sykouse kleur van skoene
  2. Goue reël – trek netjies aan