Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Lanbou en Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 25 Augustus 2016

 

Boesmanland vat my hand, lei my oor die rant se kant. As jy vir my kan sê waar die Boesmanland lê, Boesmanland vat my hand.”

 

 

Met die melodie begin ons ons byeenkoms hierdie maand en die voete wil net jeuk in die koue. Hierdie bekende woorde is neergeskryf deur Prof.Grobler en later getoonset en gesing deur oorlede Worsie Visser.

 

 

 

 

Dit neem ons al langs die N7 langs : Van Rhynsdorp met een van die grootste kwekerye . Nieuwoudtville se kerk van sandsteen en Veldblomreservaat wat ook die bolplant-hoofstad van die wêreld is. Dan draai jy links, 7km buite Nieuwoudtville waar baie skoorsteenveërs en die Ludwig-se-pou volop is saam met swart kraaie.

 

 

well-vlv-4

Plantegroei van die Boesmanland

 

Oppad na Loeriesfontein is ‘n Kokerboomwoud en bome van tot 250 jaar is al opgemerk. In Augustus en September word jy begroet met ryklike veldblomme wat in plate voorkom. Huidiglik word daar ‘n windplaas opgerig wat die grootste gaan wees in die Suidelike Halfrond en sal voltooi wees teen einde 2017. Dit verskaf werk aan plaaslike inwoners en gee die ekonomie ‘n hupstoot.

 

Loeriesfontein het ‘n groot dadelverwerkings-aanleg en ook ‘n sonkragbesigheid waar dit vervaardig word deur Hannes van Zyl. Jy kry ook hier die enigste Windpomp Museum in Suid- Afrika en een van twee ter wêreld.

 

Die bekende skilder, Conrad Thys is ook ‘n boorling van Loeriesfontein en so ook die Lombard-vierling wat nou 66jaar oud word. Loeriesfontein is ook bekend vir die Rieldansers en die brandende boorgat wat in die 60’s geboor is.  ‘n Ryk voëlspesie word by die gholfbaan aangetref wat ‘n lushof vir die oog is. Hier word Merinoskape vir hul wol en Swartkop-dorpers vir hul vleis geteël.

 

Om hierdie Boesmanlandse –reis af te sluit, kon ons proe aan plaaslike disse soos pampoenbredie, rys-tussen-die-vleis, boerbrood, skuinskoek, afval en suurkos(lewer).

 

well-vlv2-skuinskoek

Skuinskoek gemaak deur een van onsplaaslike tydskrif sterre

 

Vanmelewe voel ons ook nou eie aan daardie wêreld al is ons Bolanders.

 

well-vlv-1

Marktafel by Wellington is altyd ‘n fees

 

 

well-vlv-3-bestuur-en-sprekers

Beatrix Visser(skuinskoekbakker), Juanita Loubser(sekretaresse), Grietha van Zyl(Landbou), Karen Barnard(voorsitter), Anna Cillié(Landbou), Ezla Ritter (onder-voorsitter), June Smit(Tessourier)