Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 24 Augustus 2016

 

Marléne Dirkse van Schalkwyk het die Leefstyl vergadering begin met ‘n musiek greep “Old MacDonald had a Farm” waar ‘n kunstenaar sketse maak van die diere op die plaas terwyl die gehoor sing en André Rieu hom begelei.   Dit was skreeu snaaks en almal het dit geniet!

 

Dottie van Zyl, het vir ons ’n konferensie item kom demonstreer. Niemand het geweet hoe om reukkballe te maak nie.

Foamballe van 12cm en 20cm in deursnee word gebruik. Daar word ‘n sosatiestokkie deur die balle gesteek om dit maklik te hanteer. Die balle word met houtlym gesmeer. Enige kruie, speserye, naeltjies, mosterdsaadjies, sade, kaneelstokke ens kan gebruik word om die balle te versier. Dit gee ‘n heerlike reuk.  Die balle word mooi versier en soms kan reukolie bo-oor gegooi word.  Die reukballe wat ons vir ‘n konferensie moet maak, mag nie met reukolie gegeur word nie.

Daar was ook mooi Tokreen items van Dottie van Zyl en mooi quilling deur Lynette Visser gedoen.

 

Wat word gebruik vir reukballe.

Verskillende reukballe.

 

Reukballe wat met steranys versier is.

 

Tokreen items.