Sirkel:Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 23 Augustus 2016
Maritz Binedell het vir die afgelope 10 jaar in die dorpie Shenzhen in China gewerk.
Maritz in sy mooi baadjie getooi
Die dorpie het maar 36 jaar gelede as ‘n klein vissersdorpie ontstaan en is tans ‘n groot ontwikkelende stad met 15 miljoen inwoners. Van die ouer geboue word alreeds afgebreek om plek te maak vir meer moderne geboue. Die stad beskik oor 2 van die hoogste geboue onder die top 10 in die wêreld. Die 3de hoogste gebou is die Wêreldbank wat 115 verdiepings het en 600m hoog is.
Die Chinese heg groot waarde aan kinderopvoeding. ‘n Skooldag duur van 8-5. Die land se “one child policy” het nou verander na ‘n “two child policy” a.g.v. die baie bejaardes. Die Chinese werk 6 dae per week met slegs 5 dae verlof p.j.
Vleis en suiwel is nie baie gewild in hulle dieët nie en gevolglik is hulle proteïeninname baie klein.
In Mandaryns is daar 50 000 karakters en elke prentjie het net een betekenis. Die gemiddelde Chinees kan net tussen 1500 en 4000 karakters herken. Hulle heg ook baie waarde aan nommers – 4 is ‘n slegte nommer want dit word met die dood geassosieër. Geen gebou het ‘n 4de verdieping nie en parkeerplekke het ook nie ‘n no.4 staanplek nie. 8 is ‘n goeie nommer – dit gaan met rykdom gepaard. ‘n Chinees betaal eerder 88RMB (R175) vir ‘n artikel voordat hulle 70RMB sal opdok. Die Olimpiese Spele in Beijing het, nieteenstaande die bloedige hitte, op 08/08/08 afgeskop!
Die klasseverskil in China is klein en dit is baie veilig om daar te woon a.g.v. die sterk morele waardes.
Dankie Maritz, dit was ‘n heerlike oggend!
Maritz saam met sy ma, Mara Binedell (sameroeper)
Leave A Comment