Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Kuns & Handvlyt
Beriggewer: Jackie Barnardt
Datum: 23 Augustus 2016
Alicia Dirkse van Schalkwyk is die gasspreker.
Alicia Dirkse van Schalkwyk & Amour Strydom
Blomme het oor haar pad gekom. Sy het begin om vir die kerk en funksies te rangskik en met die minimum blomme reg te kom. ‘n Mens is altyd so geneig om te wil ” perform”, dan is dit in jou kop en nie in jou hart nie. Ons almal leer uit ons foute. Kuns is ‘n ontmoeting tussen jou en die prent wat jy skilder, soos ‘n suiwer ontmoeting tussen twee mense, leef dit, ervaar dit. Jul ontdek mekaar.
Alicia demonstreer hoe om ‘n tafel te dek met die minimum blomme en met die regte skildery daarby. Sy hou veral van Rustic, dit is so aards en “boer”. Die winkel is nie net om die draai om gou iets moois te gaan koop nie. Jy hoef nie altyd blomme te gebruik nie. Kyk wat is in jou tuin. Sorg deurlopend vir eenvormigheid met ‘n tema. As iets nie reg voel nie, verander jy daaraan.
Tafel met blomme.
Christine van Eyssen en Amali van der Vyver speel blokfluit en kitaar . Hul roer behoorlik die hartsnare met Malalaika, Streets of London en Victoriabaai.
Christine van Eyssen & Amali van der Vyver
Leerders van die Baviaans Leerhulpsentrum voer ‘n toneelstuk en klaviersolo op o.l.v. Christine van Eyssen.
Leave A Comment