Sirkel: Kalahari
Tak: Mimosa
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Erika Linde
Datum : 19 Augustus 2016
Alta Swart, tans koördineerder vir Stellaland Streek by Afriforum het die dames van Mimosa kom toespreek in Vryburg.
Afriforum is ‘n Burgerregte Organisasie wat hom beywer om Afrikaners en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika te mobiliseer en hul regte te beskerm.
Afriforum wil aan gemeenskappe wat toenemend druk van die staat ervaar weens swak dienslewering en onveilige woonbuurte, ‘n eie stem gee.
Hulle wil gemeenskappe aanspoor om kreatief te begin dink en projekte te begin om probleme volhoubaar op te los.
Afriforum fokus op aksie. Daar is dus ‘n aantal projekte van stapel gestuur wat op die leemtes in die samelewing fokus:
*Gemeenskapsveiligheid
*Belastingsake
*Omgewingsake
*Kultuur- en erfeniskwessies
* Jeugbelange
Afriforum stuur tans ‘n veldtog, 10 dae van selfstandigheid, van stapel waarin gemeenskappe moue gaan oprol en self munisipale dienste in dorpe regoor Suid Afrika gaan lewer waar plaaslike owerhede misluk. Die skoonmaak van strate, die behandeling van besoedelde riviere, misdaadbekamping, die herstel van slaggate, die opknapping van begraafplase en nog vele meer word aangespreek.
Afriforum se leuse is; selfdoen is beter as niksdoen
Leave A Comment