Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Anneline Beelders
Datum: 18 Augustus 2016
Vredendal VLV het met hul jongste vergadering ‘n boekedag gehou. Lede het armsvol boeke gebring. Dit het gesorg vir ‘n omvattende uitstalling boeke van byna al die bekende skrywers wat deesdae in omloop is. Temas is uitgewys en menings gewissel. Enkele boeke is bespreek.
Elmarie Fouche en Anneline Beelders
VLV Vredendal reik uit na Vergenoeg Primêr .
Anneline Beelders,Elmarie Fouche en Sanet Ras
Na afloop van die vergadering het die lede na Vergenoeg Primêre Skool in Vredendal-Noord gegaan om die toiletware wat die lede bymekaar gemaak het te oorhandig. Dit sluit in tandeborsels, waslappies, sepies ,truitjies, skoene, skryfbehoeftes ens. Die ontvangs by die skool was vir almal ‘n besondere ervaring.
Vlv groep foto saam met Skoolhoof.
Leave A Comment