Sirkel: Paarl

Tak: Suider-Paarl

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 17 Augustus 2016

 

Tydens Suider-Paarl se  afgelope takvergadering het mev. Hester Smit uitgetree as Voorsitter, nadat sy die pos vir 16 jaar  beklee het. Hester het in 1994 by die tak aangesluit en is in 2001 as Voorsitter gekies. Sy het die pos op ’n baie bekwame en toegewyde wyse behartig. Sy het regtig alles gegee om sake vlot te laat verloop.  In 2015 het die tak haar ’n erelid gemaak. Sy het ook gereeld aankompetisies deelgeneem. Ons taklede bedank haar opreg vir haar bydrae.

 

Mev. Marinda Rall, die President van Sirkel Paarl, het die vergadering bygewoon.

 

Mev. Gonny du Plessis is aangewys as die nuwe Voorsitter vanaf 2017.

 

IMG-20160818-WA0001 (9)

LNR Marinda Rall, President van Sirkel Paarl, Hester Smit, Voorsitter van Suider-Paarl-tak en Gonny du Plessis, nuwe Voorsitter vir 2017