Sirkel: Worcester

Tak: Robertson

Studierigting: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Sunette de Villiers

Datum: 17 Augustus 2016

 

Met ons laaste aandtakvergadering het Anita de Kock die boek “Karretjiemense van die Groot Karoo”, geskryf deur Michael de Jong, met ons kom bespreek.

 

Dit handel oor die nomadiese bestaan van die Karretjiemense van die Karoo. Daar is ‘n verskil tussen die mense wat op ‘n donkiekar ry op pad dorp toe en die regte karretjiemense. Eersgenoemde gebruik die karretjie  slegs as ‘n vervoermiddel terwyl vir laasgenoemde  die karretjie belangrik is vir hul voortbestaan.

 

Die naam karretjiemense het hulle self gekies omdat hul al vir die afgelope 80 jaar soos nomades op die karretjies leef. Hulle trek van plaas tot plaas om werk en verblyf te kry en is goeie skaapskeerders. Werk is dus net beskikbaar gedurende die skeerseisoen en hul verdien dus min geld. Sedert elektriese skeermasjiene op die plase gebruik word het die lewe van die karretjiemense versleg.

 

Ongeletterdheid, geen ID en geen skoolopleiding omdat baie van hulle langs die pad gebore word, is alles redes dat hierdie mense nooit in die samelewing opgeneem is nie.  Op die manier word hul gehelp om ook aansoek te doen vir Staatshulp en Ouderdomspensioen. Wanneer hul wel geld verdien word dit meestal op drank uitgegee wanneer hulle op die dorpe kom.

 

De Jong het ‘n trust geskep wat geletterdsheidklasse en voorskoolse onderig aan die mense verskaf waar hul ookal mag wees op hul togte. Groter kinders word per bus aan die begin van die week opgetel en op die dorp gehuisves om by die skool te kan wees en Vrydag weer na hul ouers teruggeneem.

 

IMG_2057 (Small)

Anita de Kock – spreker, Cecile Claassen en Dianne Coetzee geniet lekker roosterkoek na die vertelling

 

IMG_2058 (Small)

Lekker gebraaide roosterkoek, botter en konfyt