Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Studierigting:  Leefstyl

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  13 Augustus 2016

 

Rame, mode, skoonmaakmiddels en kombuishoede was alles op die agenda tydens die  Leefstylvergadering.

 

Na opening het me. Leatitia Duminy meer vertel oor haar raamwerk – waarna opgelet moet word met die keuse van ‘n raam, asook die verskillende  glas wat beskikbaar is.  Die dames was dit eens dat ‘n mooi geraamde artikel baie bydra tot die dekor van ‘n vertrek.

 

Hierna het me. Perrin modewenke deurgegee wat deel van die Kongres se leefstylprogram uitgemaak het.  Resepte vir tuisgemaakte skoonmaakmiddels is ook aan die dames verskaf.  Voor tee en verversings geniet is, moes elke lid haar hoed, gemaak uit kombuismateriaal, aan die vergadering voorhou en vertel wat die artikel is waarsonder sy nie kan klaarkom nie.  Dit het gewissel van skerp messies, tot vadoeke en ‘n voorskoot.

 

SANY1331

Die lede met hul kombuishoede. LNR Elize Perrin, Elaine Noppe, Willinie Sinclair, Monica Scholtz, Elma Visagie en Meriel Hugo.

 

By die geleentheid is me. Sinclair ook gelukgewens met haar eerste plek vir Woordkuns by Kongres.  Sy het ook die skild vir die mees uitstaande artikel in Kunste en Handvlyt ontvang.

SANY1334

me. Willinie Sinclair