Sirkel: Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum: 10 Augustus 2016

 

Die byeenkoms se gasspreker is John Gouws, ‘n houtwerkkenner wat sy eie besigheid het.

 

John gee aan lede raad vir kolle op meubels.  Was die meubelstuk af met warm water waar die probleemarea is, skuur die kol met growwe staalwol, saam met die grein van die hout.  Pasop vir teen die grein gaan.  Behandel die meubelstuk met meubelolie.

 

Die oorsaak vir skewe deure aan ‘n kas kan die skarniere wees wat nie goed ingeskroef is nie.  Vir koffieringe, skuur die ring ‘n paar lae en behandel met meubelolie.  Een van die lede gee ook die wenk vir ‘n vars koffiering – om ‘n kurkprop oor die ring te poleer.  Sodoende trek die prop die vog op.

 

IMG_6125

Annette Neethling, John Gouws en Johanna van Rooy

 

Bernice Burger, eienaar van Little Owl’s Nest, ‘n plaaslike geskenkwinkel, bied ‘n uitstalling aan van produkte wat in haar winkel te koop is.

 

IMG_6126

Uitstalling, Little Owl’s Nest

 

Santie de Haan lees vir lede die gedig “Last grave at Dimbasa”, dit is geskryf deur Fanie Olivier en getoonset deur Emile Minnie.  Dit handel oor die dood van ‘n mynwerker se baba.  Santie speel ook die lied wat geskryf is oor die gedig.

 

Marlena Latsky deel haar ondervinding van die 87ste Kongres wat gehou is te Port Elizabeth.

 

Lede sluit die middag af met ‘n koppie tee.