Sirkel: Paarl
Tak: Slot-van-die-Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 9 Augustus 2016
Irene Vorster, Nettie Marais (gasvrou) en Ria de Goede
Tydens Slot-van-die-Paarl se Leefstylvergadering is daar weer met mening geleer by mense met jare se ondervinding!
Al die kleurvolle truitjies bymekaar
Slot se dames het 26 Moeder Theresa truitjies gebrei.
Ons hoor die goeie nuus by Louna Spies, ons kongresafgevaardigde, dat daar deesdae meer jonger dames aansluit by die VLV! Ag, en dan hoor ons dat ouer vroue nie skinny jeans mag dra nie! Wat sê hulle? Liewer dood as uit die mode! Maar wit tekkies is ‘n moet!!
Irene Vorster, ‘n graad 11-ma van Bridge House, moes wit kersiebloeisels van lint maak vir die skool se matriekafskeiddekor en dit lyk net soos die ware Jakob! Sy demonstreer dit en wys ook hoe sy pienk kersiebloeisels van papier gemaak het.
Irene Vorster by die mooi nagemaakte bloeisels
Ria de Goede, met haar passie vir lap, het die vroue geboei met haar demonstrasie hoe om skuinsband te maak d.m.v. ‘n kartonbord en ‘n strykyster. Sy het die patroon op Pinterest gekry. Jy voer die breë lap by die een kant in, die bord “vou” dit en aan die ander kant stryk ‘n mens die voue plat en siedaar, ‘n skuinsband! Hierdie skuinsband kan gebruik word om vatlappe ens. mee af te werk.
Ria de Goede demonstreer hoe om skuinsband te maak
Wenke vir elke dag – Spandeer elke dag 5 minute elk aan jouself, geestelike verryking, deur met iemand te gesels, iets inspirerend te doen, die natuur te geniet en om pret te hê. Dan voel jy goed, versorgd en gevoed op vele vlakke.
Aletta Keyser demonstreer hoe om verskillende panne met Greaseproof papier uit te voer met die oog op die sirkeldaggebak.
So vertrek die dames weer na hulle huise met hope nuwe inligting en idees!!
Leave A Comment