SIRKEL:  Tygerberg

 

TAK:  Kuilsrivier

 

PORTEFEULJE:  Geselligheid / Fondsinsameling / Openbare Sake

 

BERIGGEWER:  Elmine Möller

 

DATUM:  5,6 en 7 Augustus 2016

 

Gedurende die naweek van 5 – 7 Augustus 2016 het VLV Kuilsrivier pannekoek gebak by die Veteraan Trekker Expo te Môreson plaas naby Malmesbury.

 

Almal het baie lekker saamgewerk en sommige lede het sommer op die terrein gekamp.

 

V.l.n.r.:  Gerda v.d. Westhuysen, Marlene Lotz, Hannie Rossouw, Carien Pretorius, Jo Geyer, Elmine Möller en Marlene Frank

 

Heerlike varsgebakte pannekoek.

 

Die Expo het ook ‘n lang aanloop gehad, deurdat die VLV gehelp het om blokke te brei en te hekel. Die breiblokke is deur die Veteraan Trekker Vereninging aan BADISA geskenk vir komberse en kledingstukke vir minder bevoorregtes. Japie die Vaaljapie Trekkertjie het as aansporing gedien en het ook ‘n gehekelde en gebreide uitrusting gekry.

 

 

Japie die Vaaljapie met sy kombersie.

Honderde breiblokke wat van oor die land gestuur is.

 

Tydens Kuilsrivier se Junie Algemene Vergadering is 300 blokke, wat deur die lede gebrei en gehekel is, deur Elmine Möller (Voorsitter) aan Mariëtte Krige, sekretaresse van Tafelberg Veteraan Trekker Vereniging oorhandig.