Sirkel:  Weskus

Tak:  Langebaan

Studierigting:  Openbare Sake

Beriggewer:  Charlotta van Eeden

Datum:  3 Augustus 2016

 

VLV Aug 2016 (3)

Voorsitter Hillary Nepgen

 

Prof. Dr. Henri Fouché van die Fakulteit Militêre Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch spreek ons toe oor seerowery.

 

71 % van die aarde se oppervlakte is water, wat die maritieme domein is.

 

Geen seerowery het al plaasgevind in ons waters nie.  Vandaar die Kaap van Storms – onstuimige see. SA seegrense:  12 seemyl van die kus is die soeweryne gebied. Elke wet van die land is van toepassing in die soeweryne gebied.

 

Seerowery en gewapende roof op skepe:

– Skepe vasgemeer : ‘n aanval op ‘n skip wat vasgemeer is, is nie seerowery nie.  Hul kom van see met ‘n klein bootjie en steel.

– Skepe op anker : betreding. Mense kom op skip en kruip weg (verstekelinge). Word dan aangekla as hul by bestemming kom.

– Skepe onderweg : boot word aangeval.  Kom met klein bootjie, klim aan boord en steel besittings.

– Skepe op die oop see : bote word tot 200m van die kuslyn aangeval.  Kaap veral vissersbote.

 

 

Die Sirius Star is die eerste grootste tenkskip wat gekaap is deur seerowers. 98 voorvalle het wêreldwyd voorgekom in die eerste 6 maande van 2016. Suid Afrika het nog geen seerowery gehad nie. Namibië het ook nie seerowery voorvalle gehad nie, maar Angola wel.

 

Suid Afrika se belangrike rol in bekamping van seerowery:

  • SA Vloot : daar word met bote en duikbote gepatroleer. In 2008 is begin om seesoldate op te lei en forums is gestig om soldate paraat te kry.
  • SA Polisiediens : In 2011 is die eerste forensiese ondersoek op ‘n olie tenkskip gedoen wat vir 58 dae deur seerowers in Somalië aangehou is. Daar is ‘n losprys betaal. Die losprys word nooit bekend gemaak nie. ‘n Biologiese hond is gebruik – soek vir menslike vloeistof. DNA is verkry uit klere, bottels en sigaretstompies.  Vingerafdrukke is verkry in medisynekassie. Suksesvolle aresstasie is gedoen.
  • Universiteite bied ondersteuning tydens operasies, opleiding van deskundiges, reël konferensies en referate asook reël van onderhoude met radiostasies.

 

vlv 3 010

Henri Fouché en Emma Fouché word bedank deur Anneline Venter (middel)

 

Mev Emma Fouché het ons ‘n terugblik gegee oor die stand van sake destyds op bote. Koeie/lewende hawe is as voedsel op bote geneem.  Gedurende die eerste 2 weke op see is daar lekker geëet. Na die 2 weke is die diere geslag en hul vleis geëet.  Groente is gepekel om langer te hou, asook die vleis.

 

Die vleis het hard geword van al die sout.  Sauerkraut het gehelp teen siektes. Geen brood is gemaak. Beskuit is gebak wat bestaan het uit meel, sout en water.  Dit is dan gedroog om langer te hou. Kos is meestal in die donker geëet, sodat hul nie kon sien wat daarin rondkruip nie. Olywe en dadels is ook geëet.  Baie vis is gevang en geëet. Hul slaai is gemaak van vrugte, groente, vleis en wat hul ookal kon kry.

 

Daardie tyd se seemanne het nie oud geword nie. So vroeë 30’s. Dis as gevolg van die kos en drank.  Hulle was meestal alkoholiste.

 

vlv 3 002

Estelle du Plessis (Sirkelpresident), Issie Booyens, Dirkie van Schalkwyk (Openbare Sake Saamroeper), Anneline Venter en Isabel Basson

 

vlv 3 008

Dames wat verjaar in Augustus 2016

 

VLV Aug 2016 (2)

Estelle du Plessis, Pietie Burke en Heleen Whittle