Sirkel:  SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 25 Julie 2016

 

Lede van die Vroue-Landbouvereniging, Voëlvlei-tak, is tydens hul maandelikse vergadering op Dinsdag, 25 Julie 2016, toegespreeek deur Charlotte Oberholzer van Zelexa Beauty Spa in Voorbaai.

 

Charlotte begin haar praatjie met ‘n paar aanhalings soos:  “Skoonheid is ‘n stukkie van die Here wat binne ons blom.”  Natuurlike veroudering kan nie gekeer word nie, die proses kan net vertraag word. Besoedeling en ons leefstyl kan ook veroorsaak dat ons vel vroeër verouder. Charlotte verduidelik aan die dames ‘n paar dinge wat die veroudering  van die vel sal vertraag, nl. ‘n goeie sonskerm, verbruiningsmiddels, ‘n gesonde dieet, oefening, reinig en bevog met professionele produkte.  Jemien Smalberger wen ‘n geskenk van Zelexa Beauty Spa.

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Charlotte Oberholzer

 

Elmarie Engelbrecht demonstreer stap vir stap hoe om ‘n kousie te omtower in ‘n klein poppie.  Geen masjienwerk is nodig nie!

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

Alta Landman bespreek die nadelige uitwerking van chroniese sooibrandmiddels op die liggaam en Rika de Villiers verander weggooihouers in oulike geskenkidees.

 

Die dames se oulike inskrywings vir ‘n gesonde kosblik vir laerskoolkinders het ons beoordelaar, Rika de Villiers, aan die proe gehou.

 

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

Idees vir die kosblik