Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 21 Julie 2016

 

Nieuwoudtville-VLV se Openbare Sake portefeulje het op 21 Julie 2016 in die kerksaal ‘n praatjie aangebied om lede in te lig oor bewaring en toerisme in Niewoudtville se omgewing.

 

Eugene Marinus van die Hantam Botaniese Tuin was die spreker. Hy het inligting gedeel oor die tuin se ontstaan en geskiedenis, die ure en toegangsfooie, en nog vele meer. Die tuin is ‘n aantreklike toerismebestemming en veral baie besonders gedurende die blomseisoen. Daar is ‘n groot verskeidenheid plantegroei en verskillende stap- asook fietsryroetes. Hierdie is een van die moét besoekpunte van Nieuwoudtville. Daar is ook vele voël-, soogdier- en skoenlapperspesies. Die tuin beslaan meer as 6000 hektaar en met meer as 1300 verskillende blomme is dit een van dié toerisme aantreklikhede in Nieuwoudtville. Moet verder ook nie vergeet van die “geheime” blomseisoen in die herfs wanneer die pragtige pienk Brunsvigea bosmaniae blom.

 

Mandy Schumann het meer vertel van bewaring en die begrip “beware” in die besondere  ryke omgewing van Nieuwoudtville. Sy is van die Departement van Omgewingsake en Natuurbewaring. Hierdie inligting oor bewaring en toerisme help die gastehuiseienaars om hul akkommodasie te bemark. Die vergadering is ook bygewoon deur nie VLV-lede.

 

Hantam

 

Marlena Maass het ‘n voorlesing gedoen van die kortverhaal getitel: Die laaste een, geskryf deur Welma Odendaal. Dit gaan oor droogte.

 

Elsie Visser het besonders baie moeite gedoen om navorsing te doen oor die moontlikheid om lusern te plant by die watersuiweringsaanleg by Nieuwoudtville. Die voordele kan voer vir die kleinboere wees, asook om besoedeling in die Oorlogskloofrivier te beperk.

 

Lede het deelgeneem aan die volgende takkompetisies: tak versier volgens ‘n tema; foto’s van voor en na; sitrusstroop; cake pops asook mikrogolf red velvet cupcakes.