Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 20 Julie 2016

 

Natasha stel Basson van Zyl van Tyger Wheel and Tyre voor. Hy is ‘n baie ywerige fotograaf, en het ‘n  facebookblad “Basson van Zyl Photography”.

 

Mnr van Zyl praat baie interessant en vertel dat elke vrou moet weet waar haar noodwiel en gereedskap in haar motor is. As vrou hoef jy nie die werk self te doen nie, maar kan ‘n groot hulp wees as jy hulp kry teen die pad en jou toerusting is gereed. Hy wys ons ‘n sakkie met gereedskap wat mens altyd in jou motor moet hê, veral as jy ‘n vrou is wat baie alleen op pad is.   Hy het onderneem om sakkies op te maak vir die dames wat daarin belangstel. Dit bevat “jumper leads”, ligte reënjas, flitslig, glimbande en handskoene om nie jou stuurwiel vuil te vat nie.

 

Voorts wys hy toe ook buite vir ons hoe om jou noodwiel aan te sit as jy ‘n papwiel het. Hy stel voor dat jy altyd na jou bande moet kyk, soos wat jy brandstof aanvul. Dit skep gemoedsrus. Ons het ook ‘n lys met veiligheidswenke i.v.m. jou voertuig en huis gekry voor en tydens vakansie, saamgestel deur Momentum korttermynversekering.

IMG_0181

 

Riëtte wys vir ons hoe om Petit Fours te versier. Sy sê die beste is om die koek vir 2 ure voor die tyd in die vrieskas te sit.   Dit sny dan makliker en so word krummels voorkom. Jy kan die 2 lae koek met konfyt of iets lekkers op mekaar sit en in blokkies sny.   Jy laat die versiersel bo-oor loop met ‘n lepel totdat dit heeltemal bedek is. Sy maak rosies van Jelly Tots en sit dit bo-op.

IMG_0192

 

Dit was ‘n baie insiggewende vergadering.