Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 Julie 2016

 

Gerhard van Zyl was vir 15 jaar verbonde aan Goodwood se speurafdeling en is vir die afgelope 10 jaar ‘n verteenwoordiger van Goodwood Armed Patrols.

 

Tydens die vergadering het hy waardevolle inligting omtrent persoonlike veiligheid en veiligheid in jou omgewing verskaf.  As jy nie oor ‘n alarmstelsel beskik nie, is die vooraansig van jou huis baie belangrik – moenie dat groot bome jou sig belemmer nie. ‘n Klein hondjie is die beste alarm wat jy kan hê.  Stel jou bure in kennis as jy die huis verlaat en wanneer jy die winkels besoek, word jy aangeraai om so na as moontlik aan die winkelvensters te loop – so het jy vinnig toegang tot ‘n plek van veiligheid as gevaar dreig.  Hy raai die lede aan om by hulle Buurtwag betrokke te raak.

 

P1040180

LNR Gerhard van Zyl (spreker), Enola Venter (sameroeper) en Tina Muller wat die spreker bedank het

 

 

P1040182

Goodwood se lede het 472 breiblokke bygedra tot Badisa se projek.

 

P1040183

Tina Muller met haar kompetisie-inskrywing – ‘n pragtige gebreide kombers.