Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 18 Julie 2016
Victoria-Wes tak het, in die gees van Mandeladag, serpies vir kleuters gebrei. Dit is oor ‘n tydperk by verskillende punte uitgedeel. Die eerste kleuters het serpies tydens die maandelikse Storietyd by die biblioteek in die informele nedersetting ontvang. Daarna is serpies uitgedeel by die Kinderkerk, wat elke Sondag op ‘n ander plaas aangebied word. ‘n Lid bied die kinderdienste aan.
Die dames het ywerig gebrei en 77 kindertjies kon voordeel trek uit die projek.
Serpies vir die kinders tydens ‘n Kinderdiens op een van die plase
Leave A Comment