Sirkel: Kalahari

Takke: Kuruman, Vryburg, Tosca, Reivilo en Mimosa

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Hettie du Plessis

Datum: 15 en 16 Julie 2016

 

DSC_0034

Voor: Marietjie Steyn (Vryburg), Erika Linde (Mimosa) en Carla Zietsman (aanbieder, van Rosestad Kant). Middel: Marianne Vorster (Kuruman), Hannetjie Engelbrecht (Tosca), Corlie van Zyl (Reivilo), Griselda Pretorius (Mimosa) en Hettie du Plessis (Kuruman). Agter: Alta du Plessis (Kuruman – Privaat) en Hester Pretorius (Vryburg).

 

Met die oog op 2017 se wisselafdeling artikel, die kloskantboekmerk, het Carla Zietsman van Rosestad Kant in Bloemfontein op Vrydag 15 en Saterdag 16 Julie 2016 ‘n kloskantkursus op Vryburg kom aanbied vir enkele dames van Sirkel Kalahari.

 

Die dames het geleer hoe verskillende kloskantkussings lyk, sowel as verskillende tipes klossies of spoele. Verder word daar van spelde, ‘n patroon en garing gebruik gemaak om die pragtigste kant met die hand te maak.

 

Dit is ‘n tydsame proses wat eers begin met die opdraai van die spoele, voordat daar ‘n steek gewerk kan word. Die garing word op die spoele geknoop, sodat dit nie self afrol nie, maar dat ‘n mens dit wel met ‘n draaibeweging kan afrol indien nodig.

 

Daar is slegs drie basiese steke: linneslag, netslag en dubbele netslag. Hierdie steke bestaan uit twee bewegings – draai en kruis – in verskillende variasies.

 

Die spanning moet deurentyd gereguleer word om ‘n egalige eindproduk tot gevolg te hê.

 

kk

‘n Kloskantuitstalling gedurende die kursus.

 

Verwys na Huis & Haard van Februarie 2016 bladsye 18 en 19.