Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Sameroeper: Hannelie Low

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 13 Julie 2016

 

‘n Lekker loom Woensdagmiddag het plek gemaak vir ‘n malse Woensdagaand toe die Kwa-Kwa’s mekaar se geselskap vir die sesde keer hierdie jaar opgesoek het.

 

Die portefeulje was Kunste en Handvlyt. Niemand het nodig gehad om te wonder nie, want sameroeper, Hannelie Low, het groot moeite gemaak om die onderafdelings van die portefeulje op die tafels weer te gee as middelplasings. Fotografie, beeldhoukuns, uitvoerende kunste, skilderkuns, handvlyt en blommekuns was kunstig vergestalt.

 

IMG-20160714-WA0008  bb

IMG-20160714-WA0009

IMG-20160714-WA0011  IMG-20160714-WA0012  IMG-20160714-WA0010

 

Die gasspreker, wie blommekuns demonstreer het, Kwikkie Pretorius, is nie net ‘n blommekunstenaar nie, maar ook ‘n VLV-lid. Wys jou net, ons hoef nooit verder as die VLV-kring te soek om uithaler kundigheid te kry nie.  Kwikkie het nie reëls en voorskrifte voorgehou nie, maar eerder geïnspireer met wenke en voorbeelde van herwonne materiaal wat gebruik kan word as basis vir ‘n blom- en loofskepping.

 

IMG-20160714-WA0005  IMG-20160714-WA0001  IMG-20160714-WA0004

IMG-20160714-WA0002

 

Acqua-lede is steeds aan boord met die Breiblokkie-projek en kon ook 12 kombersies (300 breiblokkies) versier met blomme, hartjies, glimlaggende gesiggies en vlerkies aan die NWO, Wings & Wishes skenk. W&W is verantwoordelik vir pasiëntjies wat per bus of vliegtuig vervoer word na hospitale regoor die land waar hulle behandeling of operasies vir hul siektetoestande ontvang.

 

IMG-20160714-WA0000  Inge Human van W&WIMG-20160714-WA0006

 

Die aand was vol inspirasie en gesellige samesyn. By VLV is jy gewaarborg om ten minste een ding te sien, te hoor of te leer, wat jy andersins nie sou geweet het nie.