Margie Visagie

 

VLVK se 7de VLVKP-president, Tygerberg Sirkelpresident en VLV-erepresident, mev. Margie Visagie, is in die ouderdom van 87 jaar en 11 maande oorlede. Sy sou op 31 Augustus 88 geword het.

 

Mev. Visagie het reeds in 1953 lid van die VLV geword. Sy was 14 jaar lank Sirkelpresident van Tygerberg, 8 jaar lank VLVKP-visepresident en VLVKP-president vanaf 1989 – 1993. Sy is in 2004 aangewys as VLVK-erepresident.

 

Hierdie nooi de Villiers van Klein Drakenstein het in lewe diep spore getrap in die VLV, SAVLU, Stellenbosch Blommeklub en die Raad van die van der Stelfees.

 

VLVK gee eer aan haar nagedagtenis.